gardenroute

    logo app store    

    googlePlayBadgeBig

Translate -Website

Gouritsmond Rivier Bewaringstrust

Jangroentjie

 

Die Gouritsrivier Bewaringstrust / Conservation Trust

Kontakpersone: Isabel Swart (082 375 3050)
                        Pieter Franzsen (082 439 9089)

Gedurende 1993 het CapeNature, toe nog WKNBR (Weskaap Natuurbewaringsraad), aangedui dat hulle nie gelukkig is met die "onwettige" sleephelling by Gouritsmond nie en dat hulle beoog om dit te sluit tensy daar behoorlike beheer uitgeoefen word. 'n Loodskomitee is gestig met verteenwoordigers van verskillende belangegroepe en op aanbeveling van die natuurbewaringsbeamptes is besluit om 'n Trust te stig. Die Gouritsrivier Bewaringstrust is in 1994 gestig met hoofdoelstelling om deel te neem aan Natuurbewaringsbedrywighede, spesifiek:

1. om te help met die beskerming van die natuurlike bates van die Gouritzrivier in al sy vorme in die getysone: die landskap, grond, water, flora en fauna, insluitende die water- en voëllewe - en om dit te bewaar tot die voordeel en vir die gebruik van die nageslag;
2. om te help met die opvoeding van die algemene publiek ter bevordering van die doelstellings;
3. om fondse in te samel ten einde die doelstellings uit te voer.


Gouritzrivier Bewaringstrust het vanaf sy stigting alreeds die volgende gedoen:
1. Verseker dat die sleephelling nie gesluit word nie en behoorlik geregistreer is.
2. Die bou van, opgradering en instandhouding van die parkeerarea en sleephelling.
3. Geldelike bydrae tot die teer van die pad na die sleephelling.
4. Die daarstelling van ‘n drywende aanlêsteier (“Jetty”).
5. Verseker dat indringerplante op die meentgrond jaarliks verwyder word.
6. Die daarstelling en instandhouding van staproetes
7. Was betrokke by die stigting van die Gouritz Groep Biosfeer Reservaat (voorheen Gouritz Inisiatief.
8. Die rehabilitasie van Soutmoeras en beskerming daarvan teen betreding.
9. Die opstel en druk van plant- en staproetebrosjures (sien hieronder).
10. Die daarstel en byhou van ‘n lys van voëls wat in die Gouritsmondomgwing gesien kan word.
11. Bewusmaking van die omgewing se belangrikheid deur voordragte deur kundige sprekers
12. Poppekasvertonings om kinders omgewingsbewus te maak.
13. Die beskerming van bedreigde spesies en duine op die meentgrond
14. Die oprigting van inligtingsborde
15. Speel ‘n rol as waghond oor meentgrond m.b.t. brandbane en besoedeling.
16. Die bewusmaking van die noodsaaklikheid om nie water te mors nie.


DIE FLORA EN FAUNA VAN GOURITSMONDOMGEWING

Gouritsmond is geleē in 'n uiters sensitiewe omgewing. Die plantegroei op die meentgrond sluit 14 skaars/bedreigde spesies in asook een wat as rooi-data spesie gelys is.

'n Bedreigde skoenlapper-soort, Poecilmitis brooksi teari, kom ook hier voor.

Bedreigde Skoenlapper       Selago
Die Selago nigrescens Selago / Blue Haze word bestuif deur hierdie skoenlapper

Die Cullumia sp.nov. (Gouritsmond Steekhaarbos) is ‘n bedreigde plantspesie. Dit is beperk tot Gouritsmondarea en is botanies nog nie beskryf nie. Struike dra groot geel blomme en het stekelrige blare.

Steekhaarbos      Steekhaarbos.2 

DIE PLANTEGROEI TIPES

Die meentgrond huisves drie verskillende plantegroei tipes:

1. Littorale Plantegroei:

Dit is die plantegroei wat naby die strandgebied en die rivieroewer groei.

1.1 Seekusveld
Die Seekusveld word gedomineer deur kort struike wat selde hoër as 1 meter groei as gevolg van windaksie en aangesien die grond vlak is weens die onderliggende kalksteenlaag.

Grysbietoubos
Tongblaarvygie
Haworthia

Grysbietoubos Tongblaar vygie  Haworthia

 

1.2 Rivierkusveld

Die Rivierkusveld bestaan hoofsaaklik uit plantsoorte wat uiters sensitief is vir fisiese versteuring.

Rivierkusveld
Soutmoeras
Brakbos

Rivierkusveld   Soetmoeras  Brakbos

2. Ruigtewoud:

2.1 Duinebosveld
Die Duinebosveld word deur bome en houtagtige struike domineer, wat tot 3 meter hoog groei op dieper sand, maar selde hoër as 1,5 meter op vlakker grond.

Noemnoem
Melkboom
Koeboebessie

Noemnoem  Melkboom   Koeboebessie

3. Fynbos:

3.1 Oorgangsfynbos
In die Oorgangsfynbos kom plantsoorte van beide die plaaslike Duinebosveld, Duinefynbos en Proteafynbos voor.

Muir se boegoe
Droëvlak tolbos
Vosstert ertjie

Muir se Boegoe  Droëvlak Tolbos  Vosstert Ertjie

3.2 Duinefynbos
Die Duinefynbosgemeenskap word gedomineer deur struik- en grasagtige soorte.

Bietoubos
Blombos
Papierblom

Bietoubos  Blombos  Papierblom

3.3 Proteafynbos
‘n Hoë voorkoms van Proteasoorte kom in hierdie gemeenskap voor.

Stinkblaarsuikerbos
Wit suikerbos
Speldekussing

Stinkblaar Suikerbos   Wit Suikerbos   Spelde Kusing

 

Om die algemene publiek met hierdie verskillende plan-tegroeitipes bekend te stel, het die Gouritsrivier Bewa-ringstrust staproetes ontwikkel sodat mense die verskille kan ervaar. Daar is ‘n keuse van vier verskillende stap-roetes. Op die stap-roetes is plante geïdentifiseer en gemerk deur paaltjies en plastiese bordjies met nommers daarop wat ooreenstem met die nommers op die gids. Die afstande van die vier staproetes is:
Staproetes1,6 km Staproete
3 km Staproete
6 km Staproete

8 km Staproete

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 DIE FAUNA VAN GOURITS DIE MARINELEWE

Vissoorte
Die rivier, met 'n opvanggebied van 43,000 vk km, eindig in 'n estuarium wat van onskatbare waarde vir die visnywerheid van die RSA is. Hier kom 18 vissoorte in die rivier voor. Vissoorte wat in die rivier voorkom is oa kabeljou, knorhaan, steenbras en leervis. Gourits is dus 'n baie gewilde hengelplek.

Vissoort

Aas
Uiteraard is hier ook baie aassoorte, krewels, harders, krappe, potloodaas, ens.

DIE VOëLLEWE

Die Trust het ook begin om 'n voëllys saam te stel en tans is daar 240 spesies gelys wat in hierdie omgewing gesien is. Gelukkig is Voëlvlei naby Gouritsmond geleë en die voëls wat daar voorkom, kan gereeld ook hier gesien word. Die kiewiete in die dorp is baie mak en verwag dat daar όm hulle gery moet word as hule in die straat staan!

Kiewiet  Tobie  Jangroentjie

 

DIE DIERELEWE


Hier is ook 'n rykdom aan dierelewe: oa Bosbokke, duikers, grysbokke, aardwolwe, jakkalse, ystervarke, muishonde, skilpaaie, slange en natuurlik molle.

Grysbok  Rooikat  Skilpad