gardenroute

    logo app store    

    googlePlayBadgeBig

Translate -Website

Becker1

Becker Broers Staalwerke ( Steelworks, Stainless Steel , Aluminium, Bending and Cutting of metals, Security Gates, Hekke, Vlekvrye Staaltrappe en Reëlings, Buigwerk en sny van metale )

Becker Broers Steelworks manufacture and supplies metal gates,steps and railings. Manufactures trailers and anything in Stainless steel or aluminuim. They also do bending and cutting of metals. Metal lazer Cutting .For quality work contact them in Still Bay ,Jongensfontein,Hessequa. Becker Broers Staalwerke  algemene staalwerk en vlekvrye staal en Aluminuim. Beskik oor masjienerie vir die buigwerk en sny van metale.. Vir alle diens in Stilbaai,Jongensfontein,Riversdal en die hele Hessequa hier in die Suid Kaap.

Ons spesialiseer in Vlekvrye staal, Aluminuim en algemene staal werk. Becker Broers beskik oor verskeie vermoeëns in die vervaardigingslyn, knip,buig en rol van staalplate ens. Ons lewer gereeld gespesialiseerde produkte, metaal laser snywerk en die vervaardiging van unieke produkte. Vervaardiging en installering van staalhekke en staalreëlings en trappe. Die oprig van staalkonstruksies en afdakke.

Steadfray Ave

Industrial Area

Stilbaai-East

Stilbaai

6674

Ryno Becker

Tel : 028 754 1441

Fax: 028 754 1441

Cell:082 781 6519

E Mail : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Also vist us on our WebsiteLink for website

 

 

 

 

Becker Broers

Becker Broers het ontstaan in April 1998.

Drie Becker broers het na Stilbaai verhuis en verskeie besighede begin.

Die staalbesigheid het egter baie potensiaal getoon en van dag een af net van krag tot krag gegaan.

Die besigheid het deur verskeie fases gegaan deur die jare. Twee van die drie broers het ander heenkome gevind en verhuis uit Stilbaai. Vandag word die besigheid bestuur en bedryf deur Ryno Becker en sy gesin. Die “broers” is vandag die twee seuns van Ryno Becker.

Oor die jare heen het die besigheid unieke behoeftes begin verskaf en begin spesialiseer in verskeie afdelings. Vandag spog ons met ‘n vlekvryestaal – aluminium – staal en knip en buig afdeling.

 

Becker Broers vervaardig hulle eie aluminium bakkie kappies vir verskeie handelaars – vlekvrye staal relings – vlekvrye staal tanks – knip en buig van bakke, panne ens. Ons verskaf ook sekere ingenieurswerke, “lazer cutting” en gespesialiseerde items.

Die wisselwerking tussen die interne en eksterne omgewing bring nuwe uitdagings na vore en so probeer ons om daagliks daarby aan te pas.

Die koop en verkoop van toerusting en materiaal, teen baie goeie pryse is ook ‘n integrale deel van die besigheid.

Becker Broers spog ook deesdae met hulle eie vervoer besigheid naamlik “Becker Transport” wat weekliks tussen Kaapstad en George vervoer dienste verskaf.

Indien jy enige inligting benodig, kontak ons gerus. Ons sien uit om jou by te staan!

Becker familie