gardenroute

    logo app store    

    googlePlayBadgeBig

Translate -Website

Stilbaai Medies

Stilbaai Medies 640x300 web

Stilbaai Medies – Huisdokters en Terapeute. Still Bay Medical - Dr Karlien van Zyl Family Doctor and Medical Practitioner.
Stilbaai Medies is ‘n private algemene mediese praktyk met twee ervare huisdokters. Gelisensieerd om algemene gesondheidsorg in Stilbaai en omgewing te beoefen is die praktyk oop vir alle plaaslike inwoners, besoekers en vakansiegangers.

 

Hulle is in ‘n nuwe gebou op die perseel van die Fynbos Leefstyl Landgoed oorkant die CareWell Subakute hospitaal. Die gebou bestaan uit twee dokter spreekkamers, die fisioterapeut kamer, ‘n ontvangsarea, badkamer (gestremde persoon ingerig) en ook ‘n behandelingskamer.

 

Hierdie mediese praktyk het ‘n gekwalifiseerde suster wat die dokters bystaan met verskeie mediese take en prosedures. Voor konsultasie neem sy die pasiënt na die prosedurekamer waar sy al die observasies neem en op die pasient se elektroniese leêr stoor. Hierdie gegewens is dan dadelik tot die dokter se beskikking.

 

Klein prosedures wat in die prosedurekamer gedoen word sluit in wond hegtings met steke, uitsny van vel lestsels, aanwending van gips, nebuliseering van pasiente en EKG analise.

Alhoewel hulle meeste algemene gevalle kan hanteer, is daar soms pasiënte wat die hulp van ‘n spesialis benodig. Hulle het ‘n goeie gevestigde verwysings netwerk van spesialiste in Mosselbaai, George en Knysna.

Verder doen hierdie algemene praktisyns ook bloedtoetse en so ook ander soorte toetse wat nodig is om siektes te identifiseer. Hulle verwys ook pasiente na die ‘n X-straal fasiliteit by die CareWell Subacute Hospital oorkant die praktyk.

 

Hulle glo in voorkomende sorg en leefstyladvies eerder as onmiddellike ingrypende behandeling of operasies. Dus sal hulle eerder raadgee oor eetgewoontes en oefening en so ook waarsku teen die skade wat gewoontevormende medisynes kan aanrig.

 

Dr Karlien van Zyl -Medical Doctor in Still bay 
Sy het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer waar sy die MBChB-graad in 1998 voltooi het. Haar internskap het sy by die Witbank hospitaal gedoen en daarna haar gemeenskapsdiens by die Evander hospitaal. In 2001 het sy vir ‘n jaar in Engeland in twee privaat hospitale gewerk as residensiële mediese beampte.

Terug in Suid-Afrika was sy ‘n noodgevalle mediese praktisyn by die Highveld Mediclinic vir 10 jaar. Gedurende die tyd het sy ook by ‘n algemene praktyk in Secunda gewerk. In 2012 neem sy ‘n pos as mediese beampte op by Uniondale hospitaal waar sy ook as die primêre gesondheidsorgbestuurder vir die klinieke in die area aangestel word.

 

Met hierdie wye verskeidenheid waardevolle ondervinding agter haar, het sy besluit om ‘n privaatpraktyk in Stilbaai in 2015 te open.

 

Dr Anita Rautenbach - Medical Doctor in Stilbaai

Sy het aan die Vrystaatse Universiteit gestudeer waar sy die MBChB kwalifikasie in 1999 voltooi het. Daarna het sy haar internskap by die Matlala hospitaal in Marblehall voltooi. Sy doen haar gemeenskapsdiens jaar by Rustenburg hospitaal. In 2002 aanvaar sy ‘n pos as residensiële mediese beampte in die Vereenigde koningkryk.

 

Na haar terugkoms in 2003, het sy as locum en ook in ongevalle gewerk. Sy werk ook by die Sungardens Hospice in Pretoria. Daarna was sy dosent aan die Universiteit van Pretoria en so ook dokter by die Daspoortkliniek tot sy besluit het om na Stilbaai te verskuif in 2016. In Stilbaai sluit sy aan by dokter Karlien se praktyk waar sy sedertdien werksaam is.

 

Johan Uys Fisioterapeut by Stilbaai Medies
Die fisioterapeut, Johan Uys, se spreekkamer is ook in die Stilbaai Medies-gebou. Hy spesialiseer in die beoordeling en behandeling van sport beserings en beserings van die spier-en-skeletstelsel en so ook ortopediese toestande. Johan is ‘n voorstander van oefening en beweging en glo in voorkoming eerder as die regstel van skade.

 

Nuttige Inligting oor Stilbaai Medies

  • *Ervare dokters

*Volop parkering van die straat af
*X-stralefasiliteit oorkant die straat by die CareWell Subakute Hospitaal
*Ervare fisioterapeut
*Internasionaal-gesertifiseerde Mulligan Praktisyn

 

Dr Karlien van Zyl

Dr Anita Rautenbach

Tel: 28 754 1107

Cell: 82 616 0640

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


21 Kapokbos Crescent inside the Fynbos Lifestyle Estate.

Opposite the Carewell Hospital

Thys Vissie Street

Stilbaai West.

 

For more info click here. Stilbaai Medies 640x300 web