gardenroute

    logo app store    

    googlePlayBadgeBig

Translate -Website

Stilbaai App

Stilbaai App (Gratis Toep) tot Garden Route and Klein Karoo App (Toep)

Gebore in Stilbaai en bekend as die 'Stilbaai App' of 'Stilbaai Toep', het die gewildheid van hierdie gratis Toep vinnig toegeneem. Eden Toerisme en die ontwikkelaar het hande geneem en die Toep was heringedien en die GR&KK Toep het die lig gesien. Soveel so dat dit reeds die afgelope sowat 18 maande bekendstaan as die Garden Route & Klein Karoo Toep. Die omvang van die oorspronklike Stilbaai App was die Hessequa Munisipale gebied. Die GR&KK App sluit egter benewens Hessequa, ook die Kannalandgebied, Oudtshoorngebied en Mosselbaaigebied in. So ook die Georgegebied, Groter Knysnagebied asook die Plettenbergbaaigebied.

Ten spyte van sy nederige begin, het die Stilbaai App (Toep) gegroei tot die Amptelike Toep vir die Tuinroete en die Klein Karoo. Dit bevat inligting oor verblyf, eetplekke, besighede, dinge om te sien en te doen, inligting oor die verskillende omgewings, asook feeste en geleenthede.

Gratis in jou hand op jou slimfoon.

Laai net die GR&KK Toep af en gebruik dit. Dit kos jou niks, maar ontsluit die omgewing gebied vir gebied sodat jy die maksimum uit jou vakansie kan haal. Beplan vinnig uit die holte van jou hand wat jy met elke dag wil doen, wat jy wil sien, waar jy wil eet en waar jy wil bly. Doen sommer jou 'real time' akkommodasie bespreking net daar op die Toep.

Binne die 18 maande vandat die Stilbaai App uitgebrei het na die GR&KK Toep, was daar reeds meer as 143 000 gebruike. Daar is meer 1 400 items op die platform en reeds meer as 5 500 gebruikers uit 88 lande aktief op die Toep. Dus word Stilbaai en die hele Hessequagebied sowel as die hele Tuinroete 24/7/365 regdeur die wêreld ontsluit vir toerisme. En dit groei elke dag nog 'n bietjie meer...

Baie Belangrik! Onthou die GR&KK Toep is HEELTEMAL GRATIS en 24/7/365 beskikbaar.